Pastoor Andries Nel is al 30 jaar in die bediening en het al oor die 2,000 troues behartig. Hy is ingestel daarop om ‘n baie intieme en persoonlike seremonie vir die paartjies en die families te doen. Dit is ook vir hom belangrik dat die vriende, familie en gaste van elke seremonie dit ook moet geniet. Hy fokus op die Woord van God en maak seker om uit sy hart te bedien.
Na 34 jaar het pastoor Kobus Erasmus nog altyd net goeie terugvoer van elke paartjie ontvang. Hy beskryf homself as persoonlik en professioneel, maar tog nie klinies en styf nie. Elke boodskap wat hy bring is uniek en hy streef daarna om elke paartjie en familie op te bou en te bemoedig. Sy boodskappe is kort en kragtig, insiggewend en blywend in almal se harte.
Pastoor Bianca Hinterlang bring merkwaardige boodskappe wat daarop fokus om elke paartjie en familie op te bou en te motiveer. Sy streef daarna om elke boodskap uniek te maak, volgens die behoeftes van elke paartjie en familie, en sy verkondig wat in die Bybel staan. Sy beskryf haarself as eerlik en opreg en sy beskou dit as ‘n voorreg om in diens van die Here te kan staan.
Pastoor Konrad Hinterlang is gereed om enige seremonie, hetsy in Afrikaans of Engels, by julle huis of by julle spesiaal gekose venue te behartig. Hy glo in ‘n drie-ledige benadering wanneer dit kom by sy trou boodskappe; Vennootskap, Verhouding en Beloftes. Met sy ander boodskappe streef hy daarna om ‘n intieme en bemoedigende Woord spesiaal vir elke familie oor te dra. Hy maak ‘n punt daarvan om elke paartjie of familie voor die seremonie te ontmoet en te leer ken, om sodoende ‘n unieke en verpersoonlike boodskap vir elkeen te kan bring. Hy maak ook seker dat hy aan die einde van sy boodskap oor elke paartjie of familie ‘n seëngebed spreek.
Pastoor Koos Kuhn maak ‘n punt daarvan om skrifgedeeltes of verse wat spesiaal vir elke paartjie of familie is, aan te vra. Hy bid en vra vir die Heilige Gees vir leiding om die perfekte boodskap wat kosbaar en uniek vir elke familie of paartjies bymekaar te sit. Hy gee alle eer aan God, want hy beskou homself slegs as ‘n instrument in God se Hand. Hy word beskryf as ‘n vriendelike en respekvolle mens wat ‘n warm hart het – ‘n ware Kind van God.
Kontak Ons
Copyright © 2024 WedBay, All Rights Reserved. | Site by: Zebtech