Elke seremonie uniek om jou kosbare oomblik spesiaal te maak!

Ons unieke en intieme seremonies, ‘n vol diens, die behartiging van die wetlike gedeelte of slegs ‘n kerkdiens, by die venue van jul keuse is net so uniek soos jul liefde.

Ons merkwaardige hernuwing van troubelofteseremonies sal julle ewige liefde op ‘n spesiale en betekenisvolle manier vier.

Ons intieme en kosbare insëeningseremonies by jou huis, by die kerk of spesiale venue van jul keuse verseker herinneringe wat vir ewig gekoester sal word.

Ons gedenkdienste is tasbaar met innige meegevoel en simpatie; by die venue van julle keuse om jul geliefde op jul unieke manier te herdenk.
Ons span ervare predikante is gereed om julle troudag werklik betowerend en onvergeetlik te maak!
Met meer as 31 jaar se ervaring en meer as 3,500 seremonies wat behartig is, spesialiseer ons in intieme en merkwaardige seremonies wat uniek tot elke paartjie se lewensreis is. Hetsy dit nou by ‘n kerk, ‘n kapel, ‘n private venue of julle huis is, skep ons onvergeetlike ervarings en herinneringe wat julle betowerende liefde vier. Ons betrek al julle geliefdes by die samevoeging van twee families en skep sodoende kosbare herinneringe wat vir ewig gekoester sal word. Ons fooie is bekostigbaar en verseker ‘n pragtige en spesiale viering sonder om julle platsak te laat. Let asseblief daarop dat vervoerkostes na ‘n venue teen ‘n addisionele bedrag gehef word. Laat ons toe om julle liefdesverhaal te vier!
Hetsy dit nou ‘n merkwaardige huweliksherdenking is, of net die begeerte om een van jul kosbaarste dae te herleef, laat ons toe om dit onvergeetlik te maak!
Baie paartjies kies om hul troubeloftes aan mekaar te hernu om ‘n merkwaardige huweliksherdenking te herdenk, om na te dink aan persoonlike groei of om te genees en te herstel na knoeiende uitdagings. Dit is ‘n wonderlike manier om julle kinders en ander familielede te betrek en nuwe kosbare herinneringe saam te skep. Met meer as 31 jaar se ervaring en meer as 3,500 seremonies wat behartig is, kan julle verseker wees van ‘n intieme en unieke seremonies wat volgens julle voorkeure verpersoonlik word! Of dit nou by ‘n kerk, ‘n kapel, julle huis of ‘n spesiale venue plaasvind, ons streef om julle ewige liefde aan mekjaar op ‘n merkwaardige manier te vier. Laat ons toe om julle liefdesverhaal te eer!
Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
Hierdie skrifgedeelte vat die merkwaardigheid van hierdie heilige seremonie baie mooi saam. Hetsy die spesiale sermonie by die kerk, julle huis of enige ander spesiale venue plaasvind is ons predikante gereed om dit vir julle te behartig. Ons fokus is op die skep van ‘n kosbare en onvergeetlike seremonie wat ons geloof en gemeenskap, asook familiebande vier. ‘n Insëeningseremonie simboliseer die beging van ‘n kind se spirituele lewe wat hulle verwelkom in die geloof en in die familie. Laat ons toe om ‘n intieme viering van geloof en liefde, uniek aan julle, te behartig.
In jou tyd van verlies verstaan ons jou diepe begeerte om jou geliefde met respek en liefde te eer.
Ons benadering is gesentreer rondom die familie se welstand, ons verseker dat elke detail perfek is soos julle dit verkies om jul geliefde een laaste maal te vereer. Of julle die liefdesdaad beplan by ‘n kerk, ‘n privaat venue, ‘n kapel of ‘n spesiale venue is ons fokus om ‘n respekvolle en vertroostende atmosfeer te skep waar familie, vriende en geliefdes gemaklik kan wees om stories te deel en in mekaar vertroosting te vind. Ons is hier om jul by te staan deur die moeilike tyd, hier om julle elke tree by te staan om te verseker dat jul geliefde voorwaar gevier word. Ons predikante verseker dat die diens ‘n gepaste laaste huldeblyk is aan jul geliefde en vereer die liefde en mooi wat hul in jul lewens gebring het. Laat ons toe om jul geliefde een laaste maal saam met julle te vereer!
Ons intieme en persoonlikke benadering verseker dat ons seremonies onvergeetlik is, maak nie saak wat die seremonie is nie…
Jou wens is ons doel! Ons is hier om te verseker dat jou seremonie perfek is; net soos jy dit wil hê!
Ons kan jou seremonie in Afrikaans, Engels of beide tale behartig. Ons verseker dat elke gas deel kan wees van die hele seremonie!
Liefde kos mos niks nie! Net so poog ons om jou liefdesdaad ook so bekostigbaar as moontlik te maak!.
‘n Lid van ons vriendelike span sal binnekort met jou kontak maak.
Kontak Ons
Copyright © 2024 WedBay, All Rights Reserved. | Site by: Zebtech