intieme seremonies vir elke lewensfase

Ons span ervare predikante bied intieme seremonies vir elke lewensfase; van inseënings, troues, hernuwing van troubeloftes en gedenkdienste. Elke sermonie uniek om jou kosbare oomblik spesiaal te maak!

ONS HET MEER AS 30 JAAR SE ONDERVINDING

Ons spesialiseer in intieme seremonies wat elke belangrike fase van die lewe vier. Elke verpersoonlike seremonie, van troues en die hernuwing van troubeloftes tot inseënings en begrafnisse, is diep gegrond in Christelike waardes, om te verseker dat elke oomblik hartlik en betekenisvol is.

 

Ons verstaan die belangrikheid van hierdie heilige en spesiale oomblikke en ons doel is om julle unieke reis te eer terwyl ons help om herinneringe, wat vir ewig deur julle onthou sal word, te skep. Ons werk saam met julle om elke persoonlike voorkeure, wat julle storie en herinneringe vertel, in te korporeer en sodoende elke seremonie ‘n ware viering van liefde, hoop en geloof te maak. Of julle nou ‘n nuwe lewe saam begin, julle troubeloftes teenoor mekaar wil hernu, die afsterwe van ‘n geliefde wil herdenk of ‘n nuwe bondeltjie liefde aan die Here toe wil wy, is ons toegewyd daartoe om elke oomblik onvergeetlik en opbouend te maak. Ons help julle om ‘n kosbare en betekenisvolle ervaring, wat met julle geloof en waardes resoneer, te skep.

 

ONS SEREMONIELE DIENSTE

Ons spesialiseer daarin om onvergeetlikke oomblikke te skep vir elke lewens mylpaal.

Troues

Ons unieke en intieme seremonies, ‘n vol diens, die behartiging van die wetlike gedeelte of slegs ‘n kerkdiens, by die venue van jul keuse is net so uniek soos jul liefde.

Hernuwing van troubelfoftes

Ons merkwaardige hernuwing van troubelofteseremonies sal julle ewige liefde op ‘n spesiale en betekenisvolle manier vier.

Inseënings

Ons intieme en kosbare insëeningseremonies by jou huis, by die kerk of spesiale venue van jul keuse verseker herinneringe wat vir ewig gekoester sal word.

Begrafnisse

Ons gedenkdienste is tasbaar met innige meegevoel en simpatie; by die venue van julle keuse om jul geliefde op jul unieke manier te herdenk.

Meer Inligting

Moet jy 'n unieke, sakpas, en intieme seremonie reël? Om meer oor ons professionele dienste uit te vind, kliek op die knoppie hieronder.

WedBay in Nommers

Troues
3789 +
Inseënings
1000 +
Gedenkdienste
2000 +
Predikante
0 +

Bespreek jou Gratis Konsultasie Vandag!

‘n Lid van ons vriendelike span sal binnekort met jou kontak maak!

Jou oomblik is ons oomblik...

Dit is ons trots om uitsonderllike, onvergeetlike en intieme seremonies te behartig. Hier is wat ‘n paar families en paartjies oor ons predikante te sê het…

Kontak Ons

Kantoor Ure

Copyright © 2024 WedBay, All Rights Reserved. | Site by: Zebtech